Eden Christelike Bediening

Eden Christelike Bediening
J H Vlok tehuis, Kroonheuwel, Kroonstad, 9499
PO Box 2333, Kroonstad, 9500
Tel: + 27 056 212 7275
Email: edenkroon@lantic.net


KROONINFO versoek dat die gemeenskap in Kroonstad asseblief skenkings aan die Eden Christelike Bediening sal maak. Vir daardie rede is alles op Krooninfo gratis, maar nie kosteloos nie - seën asseblief vir die gemeenskap in Eden wat nie so bevoorreg soos ek en u is nie.


Comments

Ondersteun asseblief vir Eden!

Eden het dringend u ondersteuning nodig.

Enige gawe aan Eden is 'n seëning vir inwoners wat baie minder het as waarmee ek en u, die leser hiervan, geseënd is.

Die nagenoeg 80 inwoners van Eden is absoluut afhanklik van die genade van die gemeenskap in Kroonstad.

Die Stryd teen Armoede

Solidariteit se Helpende Hand fonds het in hul 2008 nuusbrief berig oor die "Wittes se stil stryd teen armoede" waar hulle gefokus het op die nood van die Eden bediening in Virginia.

( http://www.solidaritysa.co.za/Tuis/wmview.php?ArtID=1857 ) (PDF Dokument)


Janet Botma, pastoorsmoeder van Eden Christelike Bediening.

Eden in die middel van Virginia is ʼn gemeenskap binne-in ʼn gemeenskap in die gehawende Virginia. Die sentrum is oorspronklik gevestig as rehabilitasiesentrum vir dwelm- en drankverslaafdes, maar toestande het sulke kommerwekkende afmetings in die ou myndorpie aangeneem dat Eden sy deure ook moes oopgooi vir hulpbehoewendes en haweloses. “Waar kom ons fondse vandaan,?” vra jy vir my? Wil Janet met glimlag van my weet. “Ons bid! Want ons kry nie ʼn sent van die regering nie.

Janet glo dat Virginia se wittes van die grootste nood in die Vrystaat verduur. Sy sien dit veral aan die groot aantal klein kindertjies wat bedags in die strate sonder toesig rondsit en speel. “Die myne wat toemaak en regstellende aksie is die oorsaak van al ons ellende,” sê sy.

Drankmisbruik loop hand aan hand met die onsekerheid en swaarkry van werkloosheid en Janet vind dat meer en meer mense met drankprobleme deur die howe na hulle verwys word vir rehabilitasie. Sonder werk, sonder geld word sterk drank ʼn ontvlugting vir die desperates en moedeloses.

“As mens na die gehawende toestand van die kinders in ons kleuterskool kyk besef mens dat die inwoners van Eden inderdaad ʼn beter lewe het as daardie armwittes daarbuite in Virginia... en dit word erger.”

Kroonstad, Vrystaat.

Jacoba Ferreira is die kantoorhoof van die NG Kerk se Kerklike Maatskaplike Diens (KMD) in Kroonstad en is al 17 jaar op die dorp met maatskaplike werk besig.

“In Kroonstad is dit werklike armoede,” sê sy. “Die onmenslike armoede onder witmense is erg hier.” In 1994 was die materiële nood onder armwittes van so ʼn aard dat die KMD jaarliks R31 000 se kospakkies moes uitdeel. In 1995 was dit R34 000 vir die jaar en die afgelope jaar het dit gestyg na R101 000 se kospakkies. As dit nie vir die welwillendheid van die gemeenskap van Kroonstad was nie sou die dorp se honger mense nie met kos en klere gehelp kon word nie. Die Volksblad Kersfonds speel ook ʼn reuse rol in die hulp aan die arm gemeenskap.

Sopkombuise is ook al vir jare twee keer per week in die dorp aan die gang en gemiddeld 110 mense word so gevoed. Die sopkombuise kan nie meer mense as dit help nie. Dan word daar elke twee weke kospakkies aan sowat 30 huisgesinne uitgedeel en ʼn klerestoor deel een keer per week komberse en klere aan armwittes uit.

Volgens Jacoba was die spoorweë, die weermag en die opleidingsentrum van korrektiewe dienste al die jare die ruggraat van Kroonstad se ekonomie gewees. Sedert die stelselmatige afsterwe van daardie instellings op die dorp het alles in duie gestort en werkloosheid buite beheer geraak.

“Dit voel werklik asof alles in Kroonstad stelselmatig agteruit gaan. Behuising- bekostigbare behuising vir die armes- is 'ʼn groot probleem.”

Geen voorkeur nie

Alhoewel die bogenoemde berig uit Solidariteit se nuusbrief na armoede onder witmense verwys het, is Eden die tuiste van die hele gemeenskap, ongeag van ras, geslag, ouderdom of vorige geloofsoortuiging.

Alles op Krooninfo is gratis, maar nie kosteloos nie...

Alles op Krooninfo is gratis in terme van Rande en Sente. Dus kan elke besigheid, elke onderneming, elke instansie in Kroonstad op die Internet verskyn. Daardeur word almal in Kroonstad bevoordeel.

Daar is wel 'n prys verbonde aan enige plasing of publisiteit op Krooninfo en dit is om aub 'n skenking aan die Eden Christelike Bediening te maak ( http://krooninfo.co.za/eden )

Of die skenking in kontant, kos, klere of wat ook al is, hoe groot, of hoe klein ook al, dit hang van u eie oordeel af. Asseblief, seën vir Eden uit u oorvloed, want die gemeenskap wat nie so bevoorreg is soos ek en u nie, is absoluut afhanklik van seëninge vir hul dag-tot-dag bestaan.